Eisteddfod
Aliwal-Noord
Hoërskool Middelburg neem jaarliks deel aan die Eisteddfod wat alreeds vir die afgelope 11 jaar deur Laerskool Aliwal-Noord aangebied word. Daar is 21 laer- en hoërskole wat die Eisteddfod gereeld bywoon. Die reëlings is puik en die beoordeling word deur kundiges in elke kategorie gedoen. Leerders word blootgestel aan verskeie kunsvorme en geniet elke Eisteddfod.
Hoërskool Middelburg gee dan ook kleuretoekennings aan leerders wat by die Eisteddfod een of meer trippelgoudtoekenning verwerf (90-100%).
Een trippelgoud: halfkleure
Twee trippelgoud: volkleure
Drie trippelgoud: Erekleure
De Aar
Leerders wat privaat kunsklasse neem, neem ook deel aan die Karoo Eisteddfod. Dieselfde toekennings as by Aliwal-Noord word deur die skool gemaak aan leerders wat trippelgoud toekennings verwerf.