Hoërskool Middelburg Skoolreëls
Kleredrag
Algemeen:
- Slegs bottelgroen trui of oortrektrui sonder strepe mag gedra word.
- Kleurbaadjies en truie se moue mag nie opgetrek of opgerol word nie. Oorgroot truie en verrekte moue is ook ontoelaatbaar.
- Wanneer hempsmoue opgerol word, moet dit netjies en tot bokant die elmboog opgerol word.
- Geen skool- of sportdrag mag met ander drag gemeng word nie.
- Alle deelname aan skoolaktiwiteite, hetsy wedstryddeelname of as toeskouer, moet in voorgeskrewe skool- of sportdrag bygewoon word.
- Bottelgroen of swart handskoene mag gedra word in die winter.
- Geen hemp of sporthemp mag uithang nie. Op die skoolterrein sowel as op straat, moet hemde altyd netjies ingesteek wees.
- By skoolfunksies word die baadjie, das en skooldrag gedra.
- Slegs skoolverwante lapelwapens mag gedra word.
- Alle skoolklere moet duidelik gemerk wees en geen klere of besittings mag in kleedkamers gelaat word nie. Geen verantwoordelikheid vir ongemerkte klere word aanvaar nie. Onopgeëiste klere word aan die klerebank geskenk.
- Geen verstellings mag aan skoolklere gemaak word om die nuutste modeneiging na te volg nie.
Seuns
Somerdrag:
- Gewone wit kortmouhemp sonder skooldas.
- Grys kortbroek: Slegs Gr.12 seuns mag grys langbroeke dra.
- Grys skoolkouse en swart skoolskoene, sonder hoë sole en gespes.
- Die groen oortrektrui (pull over) kan oor kortmouhemp gedra word.
- Op koue dae kan die skooltrui gedra word en indien dit besonder koud is, kan die volle winterdrag gedra word.
Winterdrag:
- Gewone wit langmouhemp met skooldas.
- Grys langbroek.
- Grys skoolkouse en swart skoolskoene, sonder hoë sole of gespes.
- Groen skoolbaadjie met of sonder trui.
- Groen oortrektrui (pull over) kan by langmouhemp gedra word.
Sportdrag:
- Die volledige “Middies”sportreeks is beskikbaar by Ons Handelshuis.
- Doen navraag by jou sportafrigter watter spesifieke sportdrag benodig word vir die betrokke sportsoort.
Dogters
Somerdrag:
- Groen sesbaan rompie, wat nie hoër as 10cm bokant die knie sit nie.
- Wit hemp sonder skooldas.
- Wit sokkies en swart skoolskoene (sonder hoë sole).
- Die skool se oortrektrui mag gedra word.
- Op koue dae kan die skool se langmoutrui hierby gedra word en indien dit besonder koud is, kan die volledige winterdrag gedra word.
Winterdrag:
- Wit langmouhemp met skooldas.
- Swart skoolskoene (sonder hoë sole).
- Groen skoolbaadjie met of sonder groen skooltrui of oortrektrui.
- Groen sesbaan rompie met lang swart skoolkouse en kort swart sokkies.
- Groen skoollangbroek en wit/swart sokkies.
Sportdrag:
- Die volledige “Middies”sportreeks is beskikbaar by Ons Handelshuis.
- Doen navraag by jou sportafrigter watter spesifieke sportdrag benodig word vir die betrokke sportsoort.
Naels en Grimmering:
- Naels mag nie verby die vingerpunte steek nie.
- Geen naellak is toelaatbaar nie – slegs kleurlose naellak vir Graad 10-12 dogters.
- Geen grimmering word toegelaat by skool- of sportdrag nie.