Marco Wasserman Tennistoernooi
Die Marco Wasserman toernooi het in 2007 begin ter nagedagtenis aan Marco Wasserman, ‘n entoesiastiese Middies tennispeler wat in 2006 verongeluk het. Hy het ‘n innemende geaardheid gehad en veral as dubbelspeler uitgeblink. Sy houding teenoor tennis was altyd positief – hy het die “no blame game” gespeel. Dit is dus ‘n tennistoernooi waarin net dubbels gespeel word. Verskeie skole neem jaarliks daaraan deel.
Marco Wasserman Toernooi 2019
Die Wasserman Tennistoernooi wat vanjaar vir die 9de keer deur Hoërskool Middelburg aangebied is, is op 23 & 24 Augustus deur skole van so ver as Jeffreysbaai, Grahamstad en Port-Elizabeth bygewoon. Die oorspronklike Marco Wasserman toernooi wat in 2007 vir die...
Marco Wasserman Tennistoernooi 2018
Die 10de en grootste Marco Wasserman Tennistoernooi het 24 & 25 Augustus 2018 by Hoërskool Middelburg plaasgevind. 99 tennisspeler vanuit die Oos-Kaap het aan die toernooi deelgeneem. Sewe skole het in die A-liga en vyf skole in die B-liga deelgeneem. Hierdie...
Marco Wasserman Tennistoernooi 2017
Die jaarlikse Marco Wasserman tennistoernooi het die pas weer in Augustus 2017 plaasgevind. Tien tennisspanne het deelgeneem aan die gewilde toernooi. Deelnemende skole is onder andere, P.J. Olivier van Grahamstad, Volkskool, Union High, De Aar, MHS en Grensloos. ...