Redenaars
Dit is vir MHS baie belangrik dat leerders goeie kommunikasievaardighede ontwikkel. Redenaars bied aan leerders die geleentheid om hierdie vaardigheid te slyp. MHS se redenaarspan bestaan uit ‘n junior en senior afdeling.
Redenaars neem deel aan die jaarlikse Interskole teen Kirkwood asook aan die Eisteddfod in Aliwal-Noord.