Hoërskool Middelburg Skoolreëls

Nagevolge vir Wangedrag

KODELYS

KODE BESKRYWING VAN WANGEDRAG PUNTE
Vlak 1    
1-01 Huiswerk onvolledig 5
1-02 Handboek, werkboek by die huis 10
1-03 Eet in klas 10
1-04 Swak pligsbesef 10
1-05 Afwesig uit klas sonder verskoning 15
1-06 Veroorsaak steurnis in klas 15
1-07 Besoek toilette sonder toestemming 15
1-08 Teëpraat 15
1-09 Swak gedrag 20
1-10 Huiswerk nie gedoen 10
1-11 Huiswerk afgeskryf 20
1-12 Selfoon, elektriese apparaat in klas 20
Vlak 2    
2-01 Laat by klas of rye 10
2-02 Gesels tydens saalopening/rye 10
2-03 Steek eiendom weg 5
2-04 Verkeerde of onvolledige kleredrag 15
2-05 Voorkoms problem – hare, naels, ens. 15
Vlak 3    
Vlak 3    
3-01 Oneerlikheid 15
3-02 In die teenwoordigheid van rokers 20
3-03 Kwetsende opmerkings 25
3-04 Betoon geen respek teenoor onderwyser/leerlinge 30
3-05 Afwesig uit klas sonder verskoning x 2 30
3-06 Afwesig van skoolterrein sonder toestemming 30
3-07 Uittartende houding 30
3-08 Beskadig skooleiendom 50
3-09 Afskryf in die eksamen of toets 100
3-10 Hare kleur 50
Vlak 4    
4-01 In besit wees van rookgoed op die skoolterrein 15
4-02 Kwaadwillige saakbeskadiging 30
4-03 Versuim om straf na te kom 30
4-04 Bakleiery 30
Vlak 5    
5-01 In besit wees van pornografiese materiaal Kategorie “C”wangedrag
5-02 Rassistiese opmerkings
5-03 Ernstige aanranding
5-04 Rook
5-05 Diefstal
5-06 Dwelm(s) gebruik op skoolterrein
5-07 Drank gebruik of onder die invloed van drank skoolaktiwiteite bywoon
5-08 Seksuele teistering

Kategorie C-wangedrag

Enige oortreding van 3.12 van die gedragskode:

3.12  Oortredings wat tot skorsing en/of uitsetting kan lei, sluit in, maar is nie beperk nie tot:

  • optrede wat ander se veiligheid bedreig en wat die regte van ander skend;
  • die besit, dreigement of gebruik van gevaarlike wapens;
  • die besit, gebruik, verhandeling of sigbare bewys van narkotiese of ongemagtigde dwelms, alkohol en bedwelmende middels van enige aard;
  • bakleiery, aanranding of mishandeling;
  • onsedelike gedrag of ʼn gevloek;
  • die aanneem of voorhou van ʼn vals identiteit;
  • enige vorm van haatspraak, seksisme, rassisme of ander antisosiale gedrag;
  • diefstal of die besit van gesteelde goedere, wat die diefstal of besit van toets- of eksamenvraestelle voor sodanige toets of eksamen insluit;
  • onregmatige optrede teenoor en/of vandalisme, die vernietiging of beskadiging van skooleiendom wat die aanbring van graffiti sou insluit;
  • oneerbiedigheid, aanstootlike gedrag en verbale mishandeling gerig teen opvoeders of ander skoolpersoneel of -leerders;
  • herhaalde oortredings van skoolreëls of hierdie gedragskode;
  • strafregtelike en onderdrukkende gedrag, soos verkragting en geslagsgebaseerde teistering;
  • viktimisasie, afknouery en intimidasie van ander leerders;
  • die oortreding van eksamenreëls; en
  • opsetlike en bewuste verstrekking van vals inligting, of die vervalsing van dokumente, ten einde onbehoorlike voordeel te bekom.