Middies is ongelooflik trots op ons eie SPRINGBOK! Marga Cumming het oudergewoonte uitsonderlik presteer en behaal ‘n eerste plek op ASA. Sy verbeter ook die SASSA record vir V/19 met ‘n pragafstand van 55.55m. Marga het ook die Suid-Afrikaanse Senior Atletiekspan verteenwoordig by die Afrika-spele en ‘n sewende plek behaal. Voorwaar ‘n wonderlike prestasie, veral as daar in ag geneem word dat sy nog op skool is! Die skool werk baie hard om talent te ontwikkel en daarom word daar, buiten die magdom byeenkomste aan die begin van die jaar, ook vir die atlete wat wil presteer, die geleentheid gegee om aan die einde van die jaar aan nog twee byeenkomste deel te neem. Die OP het ook begin met n reeks aandbyeenkomste (Friday Night Lights) waaraan van ons atlete nou al vir ʼn tweede seisoen met sukses deelneem. ʼn Afrigtingskursus is ook hierdie jaar deur van ons atlete en personeel bygewoon.

Marga Cumming is aangewys as Suid-Afrika se 0/19 hamergooi kampioen vir 2016! Sy spog met ‘n pragafstand van 54,45m.

Drie van ons skool se atlete is in die Chris-Hani span opgeneem. Hulle het 4 & 5 Maart aan die Oos-Kaapbyeenkoms in Oos-Londen gaan deelneem. Ons atlete het besondere goeie prestasies behaal.

Die uitslae is as volg:

Marga het ‘n 1ste plek in hamergooi behaal met ‘n afstand van 54,28m. Sy het ook ‘n 2de plek behaal in gewigstoot met ‘n afstand van 9,6m.

Amy het deelgeneem aan verspring en het ‘n 3de plek behaal met ‘n afstand van 4,48m

Lee-Ann het ook deelgeneem aan hamergooi. Sy het 3de gekom met ‘n afstand van 29m.

 Marga is in die Oos-Kaapspan opgeneem wat aan SASA gaan deelneem het in Bloemfontein van die 16de tot die 19de Maart.

Marga Cummings
Marga Cummings
Marga Cummings SA SKOLE Rekord
Marga Cummings By Night Series
Lee Ann Hayes
Amy Newton
Atletiek Top 10 Atlete
Atletiek 2016
Atletiek 2016
Atletiek 2016
Atletiek 2016
Atletiek 2016
Atletiek 2016
Atletiek 2016
Atletiek 2016
Atletiek 2016
Atletiek 2016
Atletiek 2016
Atletiek 2016
Atletiek 2016
Atletiek 2016